Onderwyser geskors ná leerder se selfdood 

Die Gautengse departement van onderwys het bevestig ‘n assistent-onderwyser is geskors nadat ‘n leerder na bewering in die klas oor sy seksualiteit verneder is. Die voorval het by die Hoërskool PJ Simelane in Soweto plaasgevind. Daar is vroeër berig dat die graad 9-leerder na die voorval selfdood gepleeg het, en sy gesin eis antwoorde. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die departement se ondersoek na die saak duur voort.