Hartlief Groep bereik ooreenkoms met Nafau

Die Hartlief Groep, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List Groep, en die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers, Nafau, het ‘n een jaar ooreenkoms onderteken wat op 1 Julie 2022 in werking tree. Die ooreenkoms behels ‘n verhoging van 7 persent op werknemers se basiese salaris, ‘n aangepaste vervoer-toelaag, sowel as ‘n her-belyning van pakket-voordele om teenstrydighede uit te skakel. Die Hartlief Groep bestaan uit drie hoof-bedrywighede wat die Hartlief-fabriek, Hartlief Shop en Bistro en die Hartlief Suid-Afrika kleinhandel-winkels en -depot insluit met ‘n totaal van 423 werknemers.