Onderwysdirekteur: Ouers moet met skole praat

‘n Bekommerde werklose ouer vra aan die Namibiese onderwysministerie hoe verlede jaar se graad 11-uitslae van ‘n leerder weerhou kan word weens uitstaande vrywillige bydraes. ‘n Ouer vra in die media waarom ouers afgepers word om leerders se uitslae te kry as onderwys veronderstel is om gratis te wees. Kosmos 94.1 Nuus het die vraag aan die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp gestel. Sy het só geantwoord.