Onderwys verwelkom Old Mutual se lessenaar en stoel-projek
Die onderwysministerie sê hy verwelkom die bydrae deur die Old Mutual-stigting wat skole in al 14 streke geïdentifiseer het vir sy lessenaar en stoel-projek. In 2020, was daar tekorte van 3 126 stoele en 2 763 lessenaars, net in die Oshana-streek. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie Edda Bohn het ‘n beroep op ander maatskappye gedoen om ook by te dra.
Sy voeg by die ministerie se hooggeplaastes is ook in New York by die VN se 78ste sessie van die Algemene Vergadering. Daar is hoop dat van die uitdagings aangespreek kan word.