Onderwys moenie werksoekers skep nie

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die Suid-Afrikaanse arbeidsminister Thulas Nxesi wat sê dat onderwys in die buurland heroorweeg moet word. Sy aanmerkings kom na die hoë werkloosheidsyfer onlangs in Suid-Afrika bekend gemaak is. Nxesi het ook melding gemaak van die ANC-regering se herstelplan wat toenemende werkloosheid kan aanspreek. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleid in die hoofstad sê onderwys moenie werksoekers skep nie.