Ondersteuningsprogram vir Kaza vir Wildbestuur

Die Namibiese Minister van die Omgewing, Bosbou en Toerisme, Pohamba Shifeta, het die Ondersteuningsprogram vir die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied vir Volhoubare Wildbestuur van stapel gestuur. Kaza is die grootste oorgrensbewaringsgebied ter wêreld en beslaan 520 000 vierkante kilometer in. Kaza bestaan uit 20 nasionale parke, 85 woudreservate, 22 bewaringsgebiede 103 wildlewe-bestuursgebiede en 11 wildbestuursgebiede. Die Franse Regering, Franse Ontwikkelingsagentskap en die Europese Kommissie ondersteun die projek.