Ondersteun tog maar die tolhekke – Lutombi

Die Padfondsadministrasie se voorgestelde tolhekke op Namibiese paaie bly in die nuus. Opposisiepartye het hul skok uitgespreek oor die administrasie se plan om tolhekke op 23 roetes in die land op te rig en sê daar moet alternatiewe roetes wees vir diegene wat nie tolfooie kan bekostig nie. Tydens ‘n mediakonferensie van die administrasie het die Paaie-owerheid van Namibië se uitvoerende hoof Conrad Lutombi ‘n beroep op Namibiërs gedoen om die inisiatief te ondersteun. Hy sê dit sal help om Namibië se goeie paaie vir ‘n lang tyd te onderhou.