Onderstepoort kan nou doofheid in honde toets

Die Onderstepoort Veeartseny Akademiese Hospitaal van die Universiteit van Pretoria het in ‘n nuwe breinstam-ouditiewe reaksie-toestel belê om vir doofheid in honde te toets. Die hospitaal toets op die oomblik tussen 20 en 30 honde per maand, waarvan die meeste babahondjies is. Honde se vlakke van gehoor of doofheid word maklik en sonder pyn met die nuwe toestel getoets. Die hoof van die klein diere-afdeling, Paolo Pazzi, sê ‘n ouer toestel was nie meer betroubaar nie maar hulle is nou weer gereed om diereliefhebbers by te staan.