Ondersoekers bevestig oorlogmisdade in Oekraïne

Die voorsitter van die Kommissie van Ondersoek oor Oekraïne, Erik Møse, sê die bewyse wat die onafhanklike internasionale kommissie met sy ondersoek ingesamel het dui daarop dat oorlogsmisdade in Oekraïne gepleeg is. Møse het gister die Verenigde Nasies se Menseregteraad toegespreek. Dit is reeds sewe maande sedert die inval in Oekraïne. Møse sê die kommissie is bekommerd oor die lyding wat die gewapende konflik in Oekraïne vir die burgerlike bevolking veroorsaak het: