Ondersoeke in Spanje se soen-herrie brei uit
Die voormalige hoofafrigter van Spanje se nasionale vrouespan word ondersoek as deel van die strafregtelike saak teen die voormalige president van die land se beheerliggaam. Jorge Vilda is afgedank kort nadat sy span die Wereldbeker verower het, terwyl Luis Rubiales gedwing is om as president te bedank nadat hy een van die spelers, Jenni Hermoso, gesoen het. Sy ontken Rubiales se bewering dat die soen met wedersydse instemming gebeur het, terwyl Vilda daarvan beskuldig word dat hy druk op haar, haar gesin en haar vriende geplaas het om Rubiales se optrede te verdedig.