Ondersoek volg ná mikrovliegtuig laag oor nasionale park vlieg

Die Namibiese omgewingsministerie en burgerlike lugvaart in die ministerie van werke en vervoer is besig om ondersoek in te stel nadat ‘n mikrovliegtuig in die Namib Naufkluft Nasionale Park laag oor kameelperde gevlieg het. Fritz Kaufmann van Intelligence Support Against Poaching, Isap, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê hy was tydens die voorval teenwoordig in die park.