Ondersoek na spooktreine – nuwe bedrogspul by Transnet

Transnet sê hy het ‘n ondersoek van stapel gestuur na bewerings van erge korrupsie in die vorm van spooktreine waarby werknemers en derde partye betrek word. Die semistaatsinstelling se woordvoerder, Ayanda Shezi, sê spooktreine is treine van die instelling wat loop sonder dat dit amptelik geskeduleer is en dit bring geen inkomste vir Transnet in nie. Tydens die ondersoek sal fluitjieblasers, persone wat geïmpliseer word en betrokke kliënte almal genader word om verklarings af te lê. Shezi sê hulle sal vinnig optree teen oortreders indien die bewerings as waar bevestig word.