Ondersoek na raaiseldood van 21 jongmense by taverne duur nog voort

Die Suid-Afrikaanse Polisie sê die ondersoek na die dood van die 21 jongmense in die Enyobeni-taverne onlangs in die Oos- Kaap is nog nie afgehandel nie. Die jongmense, van wie die jongste 13 jaar oud was, is vroeër vandag tydens ‘n massa-begrafnis ter ruste gelê. Die uitslae van toksikologie-toetse wat deur Wes-Kaapse labratoriums gedoen is, is nog nie bekend gemaak nie. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, is aan die woord.