Ondersoek na Lafarge en misdade teen die mensdom

‘n Franse hof het ‘n aansoek deur die internasionale Franse sementreus Lafarge om klagtes van misdaad teen die mensdom ter syde te stel, van die hand gewys. Die maatskappy is nou deel van Holcim-sement wat in Switserland geseutel is. Volgens berigte het Lafarge geweier om sy bedrywighede in Sirië te staak en het miljoen Amerikaanse dollar na bewering aan ISIS- en Al Qaeda-militante betaal om die aanleg te beskerm. Internasionale nuusagentskappe berig dat die maatskappy al sy buitelandse personeel uit Sirië ontruim het en net Siriese personeel was bedrywig daar. Maatskappy-hoofde in Frankryk het aan die hof gesê die besluite is nie deur hulle geneem nie en berus op hulle Siriese personeel. ‘n Formele ondersoek sal nou gelas word.