Ondersoek na hoendersmokkelary verwelkom

Hoendersmokkelary is weer plaaslik in die nuus. Volgens syfers wat van SACU bekom is, het die waarde van transito-hoender sedert 2014 tot 2021 met 4 475 persent toegeneem terwyl net 500 metrieke ton van die toegelate kwota van 1 200 ton ingevoer is. Intussen groei die voorraad van produsente maar hoender is vrylik in die mark, en op sosiale media beskikbaar. NamRA het in die verband besoek afgelê by die handelsministerie en ondersoeke word ook die week gedoen na die bron van hoender by veral kleiner handelaars. Die uitvoerende hoof van die NMI-groep, Ian Collard, sê dit is verblydend.