Haatmisdade in Kanada neem toe

Die aantal anti-Semitiese en anti-Moslem-haatmisdade in Kanada se grootste stad, Toronto, het skerp toegeneem sedert die begin van verlede maand se konflik tussen Israel en Hamas. Altesaam 78 haatmisdade is tussen die sewende van verlede maand en die 20ste van hierdie maand aangemeld teenoor 37 in dieselfde tydperk verlede jaar. Die getal aangemelde anti-Semitiese haatmisdade in hierdie periode het byna verdriedubbel van 13 verlede jaar tot 38 vanjaar. Dié waarby die Moslem-, Palestynse en Arabiese bevolking betrokke is, het van een verlede jaar tot 17 vanjaar toegeneem.