Ondersoek ingestel na 4 sterftes tydens Nehawu-staking

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê sy departement ondersoek tans die moontlikheid van ‘n regstreekse verband tussen aangemelde sterftes en die staking van werkers wat aan die gesondheids-, onderwys- en verwante werkersvakbond behoort. Gesondheidswerkers het begin staak nadat hulle die regering se aanbod van ‘n 4,7 persent salarisverhoging verwerp het. Phaahla sê vier mense is tot dusver dood, maar voeg by hulle het nog berigte gekry van sterftes wat bevestig moet word: