Ondersoek in Manenberg in die Wes-Kaap duur voort nadat groot getalle katte doodgemaak of vermink is

Die Wes-Kaapse polisie en die Dierebeskermingsvereniging in Kaapstad soek steeds
na die sogenaamde reeksmoordenaar van katte in die Manenberg-gebied. Die uitslag
van die nadoodse ondersoeke wat gedoen is, wys iemand, of ‘n groep mense, het die
katte kwaadwillig en wreedaardig doodgemaak. Oor die afgelope paar weke is ten
minste 37 katte dood en vermink in Manenberg gevind. Dis een van die grootste sake
wat die DBV nog ondersoek. Die gemeenskap van Manenberg onderneem nou daagliks
patrollies op soek na die vermeende diere-moordenaars.