Ondergrondse stad in Turkye ontdek

‘n Groot ondergrondse stad wat in Turkye ontdek is, dateer vermoedelik terug tot die eerste eeu toe Jode en Christene dit in die Romeinse Ryk gebruik het om van vervolging te ontsnap. Dit kon tot 70 000 inwoners huisves. Die ontdekking het gevolg nadat werkers op ‘n klein grot in die dorp Midyat afgekom het, maar dit was inderwaarheid die ingang na ‘n netwerk van gange en doolhowe. Uitgrawingswerk is steeds aan die gang met die doel om die perseel in ‘n argeologiese toeriste-trekpleister te omskep.