Onder-20 sokkerspan nie regverdig gekies nie

Die Affirmative Repositioning-beweging se verteenwoordiger in Kavango Oos, Gellasius Kandunda, het sy misnoeë uitgespreek oor die aanwysing van die land se onder-20 sokkerspan. In ‘n brief aan die Fifa Normalisering-komitee sê Kandunda dat spelers in sy streek tweede gekom het in die onlangse Newspaper Cup wat op Oshakati gehou is maar net twee van die Kavango Oos-spanlede van is gekies vir die oefenspan van 40. Hy sê die meeste spelers wat wel gekies is, is van streke wat nie eers semi-finale behaal het nie…