Onder 20-rugby aksie

Zimbabwe bied vir die eerste keer in die geskiedenis die gesogte mans onder-20 Barthes rugbytoernooi aan waar dit voorheen in Kenia gehou is. Al die wedstryde word by die Harare Sportklub gespeel met Namibië, Kenia, Tunisië en gasheer-Zimbabwe wat veg om die beker. Die hoofafrigter van die jong Namibiese rugbyspan van 28 spelers , Allister Coetzee, het gesê die span het hard geofen en is reg en gereed vir die kompetisie. Die openings-wedstryd vind vanmiddag plaas tussen Namibië en Kenia.