Onder-17 Sewes-span op pad na SA toernooi

Rugby: Na ‘n afwesigheid van byna vyf jaar het die Namibië Onder-17 Sewes Rugbyspan ‘n uitnodiging ontvang om aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie Interprovinsiale Onder-17 Sewestoernooi deel te neem. Die span het vandag die truie-seremonie by Hoërskool Windhoek gehou voor hul reis na Bloemfontein. Die toernooi sal op Maandag, 2 Oktober 2023 afskop, met Namibië se eerste wedstryd wat vir twintig-oor-agt die oggend teen die Goue Leeus geskeduleer is. Daarna sal hulle om elf-uur teen die Luiperds te staan kom en hul wedstryde op die eerste dag teen die Oostelike Provinsie om twintig-oor-een afsluit