Ministerie gee redes vir skerp styging in brandstofpryse

Die energie-ministerie het vanmiddag aangekondig die petrolprys gaan eerskomende Woensdag met 1,90 Namibiese dollar per liter styg en die prys van diesel met 2,40 dollar per liter. Verskeie internasionale faktore het bygedra tot die skerp styging in pryse. Kosmos 94.1 Nuus het by die ministerie se woordvoerder, Andreas Simon, gaan kers opsteek oor die redes vir die verhoging.