Onafhanklikheid: Almal het geëet, sê Hage

Ná Namibië se 32ste Onafhanklikheidsviering by die Vineta-stadion op Swakopmund het President Hage Geingob ‘n verklaring uitgereik waarin hy gesê het diegene wat opgedaag het en die vieringe waargeneem het, het kospakkies ontvang. Hy het ook verskoning gevra vir Namibiërs van ander streke wat graag die vieringe wou bywoon, maar nie kon nie weens die beperkte aantal mense wat dit weens die Covid-regulasies kon bywoon. Geingob het hulde aan Namibiërs gebring op die manier hoe die nasie saamgestaan het teen die onwelkome besoeker aan Namibië in die vorm van die Covid-pandemie.

Die President het ook van die prestasies oor 32 jaar uitgelig.