Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se ondersoekverslae lek voortdurend uit

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat is bekommerd oor die voortdurende uitlek van sy ondersoekverslae. ‘n Verslag oor die omstandighede wat gelei het tot die moord op die Kaapstadse speurder, Charl Kinnear, is bekend gemaak voordat Opod aan die familie kon terugvoer gee. Kinnear is in September verlede jaar in sy motor voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet. Sy weduwee, Nicolette, sê Opod moet hulle nog inlig oor die verslag.