Onafhanklike liggaam sal staatsalarisse ondersoek in SA

President Cyril Ramaphosa sê ‘n onafhanklike liggaam sal die salarisse en voordele van openbare verteenwoordigers ondersoek. Hy het gister vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Die president sê hy het die wysigings aan Ministeriële Handboek teruggetrek, waarvolgens ministers en hul adjunkte nie vir hul water en elektrisiteit sou betaal nie, omdat hy wil hê die saak moet ‘n behoorlike proses volg. Ramaphosa sê dit was nie korrek dat hulle hul eie voordele bepaal nie: