Onaanvaarbaar dat mense steeds op Verwoerd se grond woon

Die DA sê die ANC-regering het nie daarin geslaag om grondbesit-regte en eiendomsreg te verseker vir die miljoene Suid-Afrikaners wat in die voormalige apartheids-tuislande woon nie. Die party het inligting ingewin uit ‘n reeks aansoeke in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Thandeka Mbabama van die DA sê na byna 30 jaar van demokrasie, lewe talle mense in plattelandse provinsies steeds sonder volle eienaarskapregte op grond wat besit word deur Hendrik Verwoerd en sy opvolgers as apartheids-minister van Naturelle-sake: