Omusati-streek steier onder droogte
Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-sreek, sê die swak reënval wat in die streek ervaar is, het kommerwekkend geword vir beide saai- en veeboere. Die situasie het daartoe gelei dat baie noordelike kommunale boere vanjaar enige hoop vir ‘n goeie oes verloor het. Die goewerneur het tydens sy streeksrede gesê swak reënval het baie kommunale boere in puin gelaat, veral dié in westelike gebiede van die streek.