Omusati misdaadvlakke hoog

Die goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala het sy kommer uitgespreek oor die toename van misdaad in sy streek. Hy sê die mees algemene misdaad sluit veediefstal, aanranding en roof in. In sy mening word dit aangedryf deur die misbruik van alkohol en dwelms. Endjala het bygevoeg dat geslagsgeweld skerp toegeneem het tydens verlede jaar se inperking met 614 gevalle teenoor 183 wat tot dusver vanjaar aangeteken is. ‘n Totaal van 3 679 sake is in die streek in 2020 aangemeld.