Omstrede Chinese burger wil sy rooshout terug hê

Die omstrede Chinese burger Hou Xuecheng het ‘n saak in die Hoërhof teen Eight E Six Investments gebring vir ‘n bevel dat die respondent 159 blokke rooshout aan hom terugbesorg. In sy stukke voor Regter Essie Schimming Chase sê het ‘n sekere Jose Domingo het saam met lede van die Namibiese polisie en die Ministerie van Omgewingsake op 27 Januarie die hout by sy perseel in Rundu gehaal en hy eis dit terug. Die saak is op 25 Maart by die Hoërhof ingedien en dus is daar nog nie stukke nie behalwe dat al drie respondente, die polisie, die ministerie en die maatskappy die saak sal verdedig. Hou is in talle sake wat die onwettige handel in wildlewe en die onwettige vervoer van hout, genoem. Hy besit ook die New Force Logistics vervoermaatskappy en is ook al voor die hof gebring vir die besit van meer as 50 kilogram ivoor.