Omkopery vir plek in die skool in Noord-Kaap moet ondersoek word

ActionSA sê hy het aan die Noord-Kaapse Departement van Onderwys geskryf en gevra dat ouers in die Kimberley-onderwysdistrik se bewerings van omkopery dringend ondersoek word. Volgens die ouers is hulle kinders by skole geplaas sodra hulle omkoopgeld aan amptenare betaal het. ActionSA se woordvoerder, Andrew Louw, sê indien die departement nie die kwessie hanteer nie, sal hulle die waarnemende openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, nader om die saak te ondersoek: