Omikron-gevalle styg vining in Brittanje

Kenners sê dit wil voorkom of die Omikron-variant van Covid-19 vinniger in Brittanje
versprei as in Suid-Afrika. Sowat 64-duisend Britte sal na verwagting teen Kersfees met
die variant besmet wees, deels weens die feit dat dit gedeeltelik weerstandigheid toon
teen immunisering. Volgens Business Insider verdubbel Omikron-gevalle in Brittanje
elke 2.2 dae terwyl dit in Suid-Afrika elke drie dae verdubbel. Suid-Afrikaanse
wetenskaplikes het dié variant verlede maand die eerste keer aangekondig, wat gelei
het tot die instelling van ‘n nuwe reisverbod teen lande van die SAOG-streek.