Omgewingsvriendelike plaagdoder vir Zambezi

Die VN se Voedsel en Landbou-organisasie het ‘n groot skenking gemaak aan Namibië vir die bekamping van die sprinkaanplaag. Meer as 330 000 Namibiese doller is in beskermende toerusting geskenk en 160 kilogram omgewingsvriendelike plaagdoder is ook geskenk aan die Zambezi-streek. Dit het groot verligting veroorsaak veral met die ondergrondse waterbronne. Die plaagdoder wat in ander gebiede benut word is baie toksies en is gevaarlik vir diere en mense. Boere word ook aangeraai om vee te verwyder van gebiede wat behandel is en hulle weg te hou vir 21 dae. Die Goewerneur van die streek Lawrence Sampofu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.