Omgewingsminsiterie hou veldtog oor inheemse plante

Die Namibiese omgewingsminsiter, Pohamba Shifeta, het vandag by die Okapuka-padblokkade tussen Widhoek en Okahandja die feesseisoen se bewusmakingsveldtog van inheemse flora en biohandel van stapel gestuur en mobiele reklameborde onthul. ‘n Enorme hoeveelheid inheemse plante, soos duiwelsklou, maroela en seewier, word vir kosmetiese en mediese doeleindes uit die land uitgevoer sonder om die vereistes te volg wat deur die Wet op Toegang en Voordele van tradisionele kennis bepaal word. Die hoofdoel van hierdie veldtog is om die publiek op te voed oor die implementering van die wet en biohandel, deur sigbaarheid by grensposte en padblokkades te verhoog. Shifeta sê voor die wet het Namibiërs nie finansieel voordeel getrek uit hul tradisionele kennis oor inheemse plante nie.