Omgewingsministerie se begroting is N$570,7 miljoen

Die Namibiese minister van die omgewing en toerisme, Pohamba Shifeta, het vandag in die Nasionale Vergadering gesê sy ministerie se begroting van meer as 570,7 miljoen Namibiese dollar is belangrik om toerisme-ontwikkeling te ondersteun. Shifeta het gesê slegs 23,5 miljoen dollar is egter vir toerisme en dobbelary-regulasies begroot.