Amptelike opening van grensposte sal verkeer ophou

Die Namibiese minister van binnelandse sake, dr. Albert Kawana, en Botswana se minister van finansies, Peggy Serame, sal op Saterdag 1 April Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte tussen Namibië en Botswana amptelik open wat daarna 24 uur voltyds oop sal wees. Die Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte is baie belangrik vir die ekonomiese ontwikkeling in die SAOG-streek. Die Trans-Kalahari-korridor verbind die hawe van Walvisbaai met Botswana se hoofstad, Gabarone, wat dit een van die besigste korridors maak. Die ministerie se woordvoerder, Sakeus Kadhikwa maan egter toeriste en vragmotorbestuurder dat hulle tot na die amptelike opening by die grensposte opgehou sal word.