Omgewingsministerie nooi lotery-rolspelers uit na vergaderings

Die Namibiese omgewingsministerie nooi alle belanghebbendes van virtuele loterye, skole, kerke, sportklubs en nie-winsgewende organisasies wat lootjiekaartjies verkoop, uit om ‘n reeks vergaderings oor die Loterye-wet en Wet op die Beheer van Speletjies en Vermaak by te woon. Die eerste vergaderings vind op 4 en 5 Oktober in Windhoek plaas en daarna op 7 Oktober in Swakopmund. Simeon Ingwapha, adjunk-direkteur in die omgewingsminsiterie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.