Omgewingskommissaris: Namibië moet baat by koolstof-markte

Die omgewingsministerie bied tans die nasionale koolstofmark-raamwerk-werkswinkel op Walvisbaai aan. Die ministerie het die mandaat onder die Verenigde Nasies se Raamwerk-konvensie oor klimaatsverandering om die implementering van klimaatsverandering-aktiwiteite in Namibië te formuleer, te beplan en te koördineer. Die ministerie het befondsing van die Japannese regering verkry wat daarop gerig is die bevordering van die koolstof-markte in Namibië. Die projek is in lyn met die verwesenliking van die Parys-verdrag wat daarop gemik is om netto-nul-uitlaatgasse te bereik in reaksie op die klimaatsverandering. Die omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê Namibië moet voordeel trek uit die koolstof-markte…