Beskuldigde in Otjomuise-rooftog bly in aanhouding

Een van die verdagtes van ‘n gewapende rooftog wat op 8 Mei by die Otjomuise-winkelsentrum plaasgevind het, is volgens die Windhoekse Stadspolisie in die Omusati-streek aangekeer. Die beskuldigde Andreas Shaanika het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding. Die voorval spruit uit vyf verdagtes wat die slagoffer agtervolg het nadat hy 50 000 Namibiese dollar by ‘n bank onttrek het. Die verdagtes, gewapen met messe, ‘n panga en ‘n pistool, het die slagoffer beroof van die sak geld waartydens skote afgevuur is. Die verdagtes het weggekom in ‘n rooi gehuurde Volkswagen Polo sonder nommerplate. ’n Intelligensie-geleide operasie is uitgevoer wat gelei het tot die arrestasie van een verdagte, terwyl die ander geïdentifiseerde verdagtes nog in hegtenis geneem moet word.