Omgewingsgroepe betoog teen Shell se seismiese toetse

Omgewingbewaringsgroepe en bekommerde Suid-Afrikaners betoog op talle strande teen die olie-en-gasmaatskappy, Shell, se planne om seismiese toetse vir olie-ontginning aan die Wildekus te doen. Die hooggeregshof in Makhanda in die Oos-Kaap het Vrydag omgewingsbewustes se aansoek dat die oliereus ophou om seismiese toetse vir olie-ontginning aan dié oostelike kusstreek uit te voer, van die hand gewys. Die stigter van Green Net, Joan Gallagher, sê hulle doen ‘n beroep dat die seelewe beskerm word omdat die opname onherstelbare skade sal aanrig.