Ombud sê huweliksaansoeke en besware nie ‘n slegte idee nie
Die ombudsman, Basilius Dyakugha, het sy stem gevoeg by die besluit deur die ministerie van binnelandse sake om ‘n wetsontwerp op huweliksaansoeke in die parlement voor te lê. Dit sal van paartjies vereis om ‘n huweliksaansoek in te dien wat in die koerante vir besware geadverteer word. Talle kommentators meen dit is nonsens maar, die ombud sê daar is ook goeie redes daarvoor. Hy verduidelik.