Ombud ontevrede oor geslagsgeweld aanstellings wat af is

Die Namibiese ombudsman, advokaat John Walters het met kommer gereageer op die aankondiging dat die Nambiese polisie se geslagsgeweld-eenheid geen verdere aanstellings sal kan maak om vakante poste te vul nie. Die minister, Albert Kawana sê al die nodige fondse is aangewend vir die bekamping van Covid-19. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het laat verlede jaar gesê dat fondse beskikbaar gestel sal word vir Nampol om geslagsgeweld aan te spreek en die 159 vakante poste sal gevul word. Dit volg na die ‘Shut it all down’ protesaksie verlede jaar. Advokaat Walters spreek sy ontevredenheid aan Kosmos 94.1 Nuus uit.