Ombud: Namiseb sê hy werk reeds jare met menseregte

Die onderhoude vir ‘n nuwe Namibiese ombud is op die oomblik aan die gang en is virtueel beskikbaar vir die publiek om te volg. Die paneel bestaan uit die hoofregter, Peter Shivute, sy adjunk Petrus Damaseb, die prokureur-generaal Festus Mbandeka, advokaat Vicki Erenstein Y Toivo en dr. Sacky Akweenda. Die opening is deur professor John Baloro van Unam se Regskool gemaak. Die drie kandidate is Tousy Namiseb, Ruth Herunga en Basilius Dyakugha en volgens Namiseb was sy fokus in sy loopbaan tot dusver, menseregte.