Ombud gesels oor sy vertraagde wetsontwerp

Die verslag rakende menseregte in Namibië is reeds deur die burgerlike samelewing-organisasies saamgestel en ingedien by die VN se Menseregtekantoor. Daar is melding gemaak van die dringende implementering van die Ombud-wetsontwerp wat ‘n geruime tyd sloer. Die wetgewing sal meer outonomie, deursigtigheid en beter befondsing vir die kantoor verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha gesels.