Die grootste padda in meer as 100 jaar in Afrika ontdek

Eens was daar drie, nou is daar vier. Professor Louis du Preez, van die Noordwes-Universiteit in Suid-Afrika, en sy span navorsers, het ‘n nuwe spesie Afrika-brulpadda, genaamd Pyxicephalus beytelli, ontdek. Dit is slegs die vierde spesie brulpadda wat ooit in Suider-Afrika geïdentifiseer is.

Die spesie kom in dele van noordoostelike Namibië, suidelike Angola, suidwestelike Zambië en noordwestelike Botswana voor, en is vernoem na wyle Ben Beytell, Direkteur van Parke en Natuurlewebestuur in Namibië, wat instrumenteel was in die proklamasie van die Khaudum Nasionale Park in Namibië, waar die spesie voorkom.

Die nuwe spesie is soortgelyk aan alle ander spesies brulpaddas in sy eksterne struktuur, interne anatomie en algemene gedrag. Twee van die belangrikste onderskeidende kenmerke van Pyxicephalus beytelli is egter sy heldergeel en lemmetjiegroen kleur, blou kolle en ‘n wit vertebrale lyn wat langs sy liggaam afloop. Dan is daar sy prominente en ietwat woeste tande, wat agtertoe skuins (geboë) is, en twee groot benige uitsteeksels op die onderkaak. “Hul tande staan regtig uit, en ons is opgewonde om meer oor hul voedingsgewoontes te leer. Ek kan jou belowe dié padda het ’n groot byt,” sê Du Preez.

Foto’s: Mediaportal