Omaheke-saaiboere kry 25 nuwe trekkers

Saaiboere in die Omaheke-streek het 25 nuwe ploegtrekkers ontvang om die streek se plant- en oesvermoë te verbeter. Dit kom nadat die landbou-ministerie verlede jaar 350 trekkers deur die Namibië Landbou Meganisasie- en Saadverbeteringsprojek, of Namsip, aangeskaf het. Die hoof landbou-wetenskaplike beampte in die ministerie, Dr. Jorry Kaurivi, het onthul dat die trekkers en ander belangrike masjinerie na al sewe kiesafdelings in die streek gestuur is.