Omaheke, Karas, Hardap kry droogtehulp

Die Omaheke-, Karas- en Hardap-streke sal ook nou baat vind by die regering se droogtehulpprogram, wat tot Maart volgende jaar van krag is. Tans is daar sowat 695 000 mense in die land wat voedsel-onseker is, en adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah doen ‘n beroep op amptenare om slegs mense te registreer wat aan die kriteria vir droogtehulp voldoen. Sy sê daar is tekens dat mense geregistreer word wanneer hulle nie kwalifiseer nie, wat die doel van die hulp kan verydel.