Department verwelkom SA MIV-opname

Die departement van gesondheid het die uitslae van die Suid-Afrikaanse Nasionale MIV-voorkoms-teenwoordigheids- en-gedrags-opname verwelkom wat die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing vrygestel het. Die departement sê die bevindings sal die land help om die ingrypings teen MIV te versterk. Die woordvoerder, Foster Mohale, sê dit toon die land is op koers om ‘n nuwe stel ambisieuse teikens te bereik om te verseker 95 persent van alle mense wat leef met die toestand sal hul MIV-status ken.