Omaheke-boere wat hervestig is stel nie belang in boerdery nie
Daar is berigte dat hervestigde boere in die Omaheke-streek dit ‘n gewoonte gemaak het om grond wat aan hulle toegeken is, aan ander partye te verhuur sonder dat enige prosedures in die verband gevolg word. Volgens Rocco Nguvauva, raadslid vir die Okorukambe-kiesafdeling, is dit uiters algemeen en terwyl dit toegelaat word onder hervestigingsregulasies, doen die boere dit nie binne in die raamwerk nie. Hy sê die ministerie is bewus van die stand van sake omdat besoeke uitgevoer word, maar niks word gedoen nie. In sy mening behoort die hervestigingsproses bevraagteken word omdat die begunstigdes dan in die eerste instansie geen belangstelling in boerdery gehad het nie. Hy vra dat die ministerie ‘n oudit moet uitvoer, veral nou met die dreigende droogte.