Olympia-swembad die naweek gesluit

Windhoekers kan maar vergeet om die naweek lafenis teen die hitte by die Olympia-swembad te soek. Stad Windhoek het aangekondig die swembad sal tot Maandag 19 Desember gesluit wees weens ‘n gebrek aan lewensredders op die perseel. Bespreking vir funksies by die lapa-area word toegelaat, maar die gebruik van die swembad sal nie die naweek toegelaat word nie. Inwoners word aangeraai om om eerder in die Katutura- swembad af te koel.